Tennis: Alcaraz deur na kwarteindronde op Wimbledon
Tennis: Die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz, is vir die eerste keer deur na die Wimbledonse kwarteindronde. Die Spanjaard het die 2021-finalis, Matteo Berrettini van Italië, met 3-6, 6-3, 6-3 en 6-3 verslaan. Alcaraz kom volgende teen Holger Rune van Denemarke te staan wat die Bulgaar, Grigor Dimitrov met 3-6, 7-6, 7-6 en 6-3 geklop het. Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, bly steeds die een om te wen ná sy oorwinning oor die Pool, Hubert Hurkacz. Alcaraz sê hy is honger om Wimbledon te wen.
In die vroue-afdeling is verlede jaar se finalis, Ons Jabeur van Tunisië, Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Madison Keys almal deur na die kwarteindronde.