Stad Kaapstad bekommerd oor dwelm-verwante arrestasies
Die Stad Kaapstad se wetstoepassings-agentskappe het die afgelope week 373 mense in hegtenis geneem teenoor die vorige week se 375. Die stad se verkeersdiens het 56 oortreders gearresteer: 45 vir dronkbestuur en elf vir roekelose en nalatige bestuur. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê alkohol- en dwelm-verwante inhegtenisnemings bly ‘n groot kommer, asook die aantal gevalle van huishoudelike geweld waarheen hulle uitgeroep word.