Ses dood, drie vermis ná swaar oorstromings op Japanse eiland Kyushi

Minstens ses mense is dood en drie word vermis nadat swaar reën op die eiland Kyushu in Japan tot oorstromings en grondstortings gelei het. Japan is die jongste land wat die afgelope dae deur ongewone swaar reën getref is, wat opnuut vrese laat ontstaan het oor die pas van klimaatsverandering. Die bandevervaardiger Bridgestone moes  werksaamhede by vier fabrieke op Kyushu staak, maar werksaamhede kon vanoggend weer hervat word.