Rugby: Bokke verwag taai stryd teen All Blacks
Rugby: Die Springbok-hulp-afrigter Deon Davids sê hulle verwag Saterdag ‘n baie taai en fisiese stryd teen Nieu-Seeland in hulle tweede Rugbykampioenskap-kragmeting in Auckland. Altesaam 21 Bokke het Sondagaand na Nieu-Seeland vertrek om by hulle spanmaats aan te sluit wat reeds in Auckland is. Davids sê hy is tevrede met die Springbokke se vertoning in hulle 43-12-oorwinning teen Australië in Pretoria, maar hy is onrustig oor ‘n wedstryd teen die All Blacks wat die Pumas in Argentinië met 41-12 verpletter het.