Noa hou verwikkelinge dop in dr. Itah-sage
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, sê hulle sal die aantygings van AR-leier Job Amupanda teen dr. Itah Kandjii-Murangi, die minister van hoër onderwys, ondersoek sodra daar wesenlike bewyse is. Noa sê Amupanda wou nie ‘n verklaring aan die kommissie aflê nie en tans is daar geen dossier teen die minister nie. Amupanda beweer dat die minister 1,5 miljoen Namibiese dollar se reiskoste van drie staatsinstellings – die Namibië Opleidings-owerheid, Nust en Unam, asook geld van Unesco geëis het. Kosmos 94.1 Nuus het met Noa gepraat, wat deel dat daar ander maniere is om die bewerings te ondersoek…
Noa sê hy hou sy oë en ore oop vir enige verwikkelinge…