Namibiese kusbewoners waai weg, SA snerpend koud
Terwyl inwoners langs die Namibiese kus gepeper word met sterk winde en sandstorms, staal Suid-Afrikaners hulle vir die tweede agtereenvolgende dag teen snerpende koue temperature, nadat die kwik Maandag oor groot dele van die land tot onder vriespunt gedaal het. Sneeu het oor verskeie provinsies, insluitend Gauteng, uitgesak. Dié uitermatige koue weerstoestande sal vir die res van die week voortduur. Minimum temperature sal na verwagting nie veel hoër as vriespunt styg nie. Ryp kom vanoggend algemeen in Gauteng voor. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings uitgereik nie.