Meatco-werkers hou vreedsame protes-optog
Werknemers van Meatco het vandag ‘n vreedsame protes-optrede gehou oor die maatskappy wat salarisverhogings uitstel. Personeellede moes glo die verhoging op 1 Maart ontvang het. Hulle het ’n petisie aan die uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji oorhandig en gedreig om te staak as die kwessie nie opgelos word nie. Undamuje Hamira, die kommunikasiebeampte by Meatco het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig terugvoering sal aan werknemers gegee word…