Madonna is op die herstelpad ná siekte

Die sanger Madonna sê sy is op die herstelpad ná ‘n ernstige siekte wat haar verlede maand in die waaksaal laat beland het. Die 64-jarige musikant het ‘n ernstige bakteriese infeksie opgedoen. Sy sou in die komende week op ‘n wêreldtoer van sewe maande vertrek, maar moes dit uitstel. Madonna sê in haar verklaring sy fokus nou op haar gesondheid en om sterker te raak. Sy sê die huidige plan is om die Noord-Amerikaanse deel van haar toer te herskeduleer en in Oktober in Europa te begin.