Limpopo-polisie soek na ses brandstigters van vragmotors
Die polisie in Limpopo het met ‘n soektog begin na ses mans in verband met drie vragmotors wat op die R547 na Lydenburg in Mpumalanga aan die brand gesteek is. ‘n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die vragmotorbestuurder was met ‘n Scania-vragmotor op pad om ‘n vrag chroom by ‘n myn in die omgewing te gaan aflaai toe ses mans hom met ‘n vuurwapen gedreig en beveel het om die pad te versper en uit die vragmotor te klim. Hulle het daarna die vragmotor aan die brand gesteek.