Gimnastiek: Oud-spandokter in tronk beseer

Gimnastiek: Amerika se voormalige spandokter, Larry Nassar, wat jong vroulike atlete misbruik het, is ín ʼn bestendige toestand nadat hy in ʼn tronk in Florida met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Die 59-jarige is ses keer in die bors gesteek en twee keer in die nek en rug. Die president van Local 506, ʼn vakbond wat werknemers in die tronk verteenwoordig, Joe Rojas, bevestig Nassar se een long het platgeval. Nassar dien ʼn vonnis van 175 jaar uit nadat hy skuld erken het op federale aanklagte van kinderpornografie en staatsaanklagte van seksuele misbruik.