Eskom: Fase 4-beurkrag duur voort
Eskom sê fase 4-beurtkrag sal tot môreoggend vyf-uur voortduur weens verminderde opwekkings-vermoë en ‘n groot vraag na elektrisiteit. Die voortdurende uitdagings het die uitgebreide gebruik van oopsiklus-gasturbines en pomp-bergings-opwekking genoodsaak. Fase 3-beurtkrag sal vanaf vyfuur môreoggend tot twee-uur die middag ingestel word om nood-reserwes te beskerm. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê hierdie patroon sal daagliks voortduur tot verdere kennisgewing.