Bosbou-direkteur maan oor onwettige houtstropery
Onwettige houtstropery en die verwerking daarvan in die noordooste van Namibië is weer onder die loep. Verdagtes is in die Ncumcara-gemeenskapswoud naby Mururani in die Kavango-Wes-streek met 298 verwerkte houtplanke in ‘n voertuig gevind wat dit sonder ‘n geldige oespermit vervoer het. Dit is ‘n oortreding van bosbou-regulasies. Beslag is op die planke ter waarde van 44 700 Namibiese dollar gelê. Volgens die Namibiese polisie is die verdagtes nog nie in hegtenis geneem nie. Die bosbou-direkteur in die omgewingsministerie Johnson Ndokosho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en maan Namibiërs om nie onwettig hout te oes nie.