ANC hou streeksberaad in Gauteng

Die ANC in Gauteng hou vandag sy tweede Plaaslike Regerings-beraad in Boksburg, Ekurhuleni. Die beraad poog om belanghebbendes in plaaslike regering te betrek om oplossings te vind vir uitdagings waarmee munisipaliteite worstel. Van die fokuspunte sluit in, die verbetering van vermoë en die verbetering van bekwame administrasie. Die bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, Lance Joel, sê die beraad sal fokus op hoe koalisieregerings beter hanteer kan word om dienslewering te verbeter.