Agt BBP-polisiebeamptes geskors

Die agt polisiebeamptes wat by die aanranding op die N1 by Johannesburg betrokke was, is met salarisvoordele geskors. Die beamptes wat lid was van adjunk-president Paul Mashatile se BBP-eenheid is op video vasgevang waar hulle drie mans uit ‘n motor pluk en aanrand. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het die agt se skorsing bevestig. Mathe sê die polisie verkies egter om die saak nie verder in die openbare domein te bespreek nie.