AfriForum eis ingryping by vragmotor-brande

Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ‘n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om dringend ‘n veelsydige taakspan aan te stel om die aanvallers aan te keer wat verantwoordelik is vir die onlangse vragmotor-brande. Verskeie aanvalle het sedert die naweek in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voorgekom. Tot dusver is 17 vragmotors aan die brand gesteek. ‘n Strategiese raadgewer by Afriforum, Johan Kruger, sê duidelike leierskap van Cele sowel as President Cyril Ramaphosa is noodsaaklik, aangesien dit duide