Wes-Kaap kry 50 BMW’s vir wetstoepassing
Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê 50 BMW-motorvoertuie is aangekoop as deel van die vervangingsvloot vir wetstoepassing. Die voertuie is aan die einde van verlede jaar deur middel van die Nasionale Staatskontrak aangekoop om die bestaande verouderde vloot te vervang en bykomende vervoer-uitdagings aan te pak. Die kontrak word deur al drie regeringsvlakke gebruik. Mackenzie sê die proses waarvolgens die voertuie vir verkeerswetstoepassing voorberei word, het reeds begin.