Vrou se liggaam in bad vol water gevind

Geen vuilspel word deur die polisie vermoed nadat die lewelose liggaam van ‘n 68-jarige Namibiese vrou in ‘n bad vol water in hul huis in Hochlandpark in Windhoek gevind is nie. Na bewering is haar man werk toe en toe hy teen etenstyd by die huis kom, was die deure gesluit en hy kon nie ingaan nie. Hy het glo sy dogter vir ‘n sleutel gebel, dit by die werkplek gaan haal, die deur oopgesluit, sy vrou gesoek en gebel, en haar in ‘n vol bad water gekry. Paramedici is ontbied wat die vrou dood op die toneel verklaar het.