Von Bachdam se vlak staan op 21,7%
Namibiese damme is tans gesamentlik 66,2 persent vol teenoor verlede jaar se 79,9 persent, volgens NamWater se dambulletin. Damme wat Windhoek van water voorsien is tans 33,3 persent vol teenoor verlede jaar se 55,1 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak staan op 21,7 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 7,3 persent vol teenoor verlede jaar se 21,6 persent met Otjivero se vlak op 9,5 persent. Suide-damme is gesamentlik 74,2 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,135 miljoen kubieke meter water wat uit die Hardapdam vir besproeiing onttrek is. Hardap staan nou op 35 persent teenoor verlede jaar se 65,5 persent. Die Nautedam is 60,4 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 94,8 persent.