Vloedwaarskuwing vir noordelike KZN uitgereik
Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal het ‘n weerwaarskuwing uitgereik aan inwoners in die noordelike deel van die provinsie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ontwrigtende reën en plaaslike oorstromings in die uMkhanyakude en Cetshwayo gebiede. Inwoners word aangeraai om nie vol riviere oor te steek nie, diere te beskerm en waardevolle items bo vloedvlakke te beveilig. Die woordvoerder, Siboniso Mngadi, het inwoners ook versoek om versigtig te wees met die gebruik van vuur tydens die koue weer om brand-voorvalle te voorkom.