Tennis: Djokovic en Hurkacz hervat Wimbledon-stryd vandag

Tennis: Die verdedigende Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, keer vandag terug na die hoofbaan om sy vierde ronde-wedstryd teen Hubert Hurkacz af te handel. Die Serwiër het met 7-6 en 7-6 voorgeloop teen die 17de gekeurde Pool, toe spel weens die aand se klokreëling gestaak is. Die wenner kom teen die Rus, Andrey Rublev, te staan, wat sy eerste Wimbledon-kwarteindronde gehaal het toe hy Alexander Bublik van Kasakstan in vyf stelle geklop het. In die vroue-afdeling het die wêreld se nommer een, Iga Swiatek van Pole, twee wedstrydpunte gered en moes hard werk vir haar oorwinning van 6-7, 7-6 en 6-3 teen Belinda Bencic van Switserland.