SA konferensie oor bevokingsbeleid wil jeug bemagtig

Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling bied tot Donderdag ʼn konferensie in Gauteng aan oor Suid-Afrika se bevolkingsbeleid. Die doel is om vordering te bepaal, om prioriteite te bespreek en aanbevelings aan die kabinet te maak. Onder die tema geslagsgelykheid sal 300 deelnemers uit uiteenlopende sektore vergader. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê besprekingspunte sal insluit die jong vader, om die jeug te prioritiseer en regeringsteun om vroue en meisies te bemagtig.