Oos-Kaap wil slaagsyfer van matrieks opstoot

Die Oos-Kaapse departement van onderwys sê hy beplan ‘n verbetering van 4,5 persentasiepunte of meer in die uitslag van vanjaar se graad 12’s. Die provinsie se matriekslaagsyfer was verlede jaar 73 persent. Die LUR Fundile Gade sê hulle kyk dieper na alle kritiese verslae van die departement om te beplan hoe om hierdie verhoging te bewerkstellig. Hy sê ‘n groot bekommernis is dat graad 12-leerders nie toegang tot universiteite kry nie omdat die departement van basiese onderwys jaarliks twee keer soveel kandidate lewer as wat die departement van hoër onderwys kan hanteer.