Omgewingsministerie verdedig swartrenosterjag ná hewige kritiek
Die omgewingsministerie ontvang hewige krirtiek oor hul tender vir die trofeejag van een ou swartrenosterbul vir die huidige jagseisoen. Professionele grootwildjagters word uitgenooi om skriftelik aansoek te doen vir die tender wat op 7 Augustus sluit. Die volle bedrag moet ook voor 21 Augustus in die Wildprodukte-trustfonds inbetaal word. Tydens vorige swartrenosterjagtogte het die ministerie byna een miljoen Namibiese dollar ingewin. Die ministerie beklemtoon dat die jagtog nie in die Etosha Nasionale Park sal plaasvind nie. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda sê dat ou bulle dikwels ander renosters beseer of selfs doodmaak.