Nuwe bankstelsel buit NSFAS-studente uit

Die Socialist Youth Movement in die buurland het die nuwe bankstelsel verwerp vir studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente befonds word. Die organisasie sê die besluit het onsekerheid, angs en frustrasie onder NSFAS-studente veroorsaak, en vererger die reeds uitdagende omstandighede waarmee hulle worstel. Ndumiso Ncube van die organisasie sê deur die nuwe stelsel het die staat die voorsiening van lewenstoelae aan winsgedrewe ondernemings uitgekontrakteer en die monopolie aan hulle gegee om arm studente uit te buit met buitensporige bankfooie.