Krieket: Australië loop 2-1 voor in reeks om die As
Krieket: Die Australiese kaptein Pat Cummins sê hulle is nie paniekerig nadat hulle die derde toets om die As teen Engeland in Headingley verloor het nie. Die gashere het Sondag met drie paaltjies gewen en daarmee die reeks aan die gang gehou. Australië loop twee-een voor met die vierde toets wat volgende Woensdag in Manchester begin. Cummins sê almal meen hulle kon sekere belangrike oomblikke in die wedstryd anders benader het, maar voeg by hulle het steeds momentum vir die vierde toets.