Kinders, ouers, onderwyser sterf in aanval by kindergarten in China
Drie kinders, een onderwyser en twee ouers is vandag by ‘n kindergarten in die suidoostelike Guangdong-provinsie in China met ‘n mes doodgesteek. Een persoon is beseer. ‘n Vyf-en-twintigjarige man is in hegtenis geneem, maar nog nie aangekla nie. Die polisie het die saak as doelbewuste aanranding geklassifiseer en die motief vir die aanval word ondersoek. In Augustus verlede jaar het ‘n aanvaller met ‘n mes gewapen ‘n kindergarten in die suidoostelike Jiangxi-provinsie bestorm en drie mense doodgemaak en ses ander beseer.