IPC bevraagteken sukses van swart ekonomiese bemagtiging
Die Namibiese regering het baie projekte en inisiatiewe ingestel in ‘n poging om die lewensbestaan van alle Namibiërs te verbeter. Een so ‘n konsep wat met dié doel in gedagte geskep is, is swart ekonomiese bemagtiging. Met sulke konsepte word die vraag vra wat met die beleid van swart ekonomiese bemagtiging bereik is? Hoeveel werksgeleenthede het dit geskep wat die regering sal help om die indiensnemingsvraagstuk aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, gesels wat sê hy het meer vrae oor waar die land in terme van die beleid is ná 33 jaar van onafhanklikheid.