Internasionale Maritieme Organisasies beperk koolstofvrystellings
Die Verenigde Nasies se globale skeepvaartreguleerder, die Internasionale Maritieme Organisasie, het betekenisvolle vordering gemaak om koolstof-vrystellings te beperk. Die organisasie het onlangs ʼn baanbreker-ooreenkoms onderteken om sy teiken vir die verlaging van kweekhuisgasvrystellings teen 2030 met tussen 20 en 30 persent te verhoog. Die organisasie sê die koolstof-intensitieit van skepe sal na verwagting teen 2040 met minstens 70 tot 80 persent daal. Die organisasie herbevestig sy verbintenis om kweekhuisgas-uitlatings van internasionale skeepvaart as ʼn saak van dringendheid te verminder en mik na netto-nul teen 2050.