Groep SA brandbestryders terug uit KanadaJuly 10, 2023
Die eerste groep Suid-Afrikaanse brandbestryders wat ontplooi is om veldbrande in Kanada te help bestry, het teruggekeer huis toe nadat hulle hul sending voltooi het. Die Mzansi One Hotshots van die Werk met Vuur-program het op die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geland. Die groep se besturende direkteur, Trevor Abrahams, sê die groep is ontplooi na die Kanadese provinsie Alberta, waar hulle vir 33 dae die veldbrande bestry het. Hy sê Kanadese amptenare het gewaarsku die land is tans in ‘n seisoen waar veldbrande algemeen voorkom.