Europese gesante in Israel veroordeel geweld
‘n Europese gesante het Israel veroordeel vir die geweld wat gebruik is tydens ‘n klopjag op die Jenin-vlugtelingkamp aan die besette Wesoewer. Sven Kuehn von Burgsdorff het uitgevaar teen die klopjag as ‘n verbreking van die internasionale reg. Minstens 12 Palestyne, onder wie vyf kinders, is in die operasie van 48 uur dood, die grootste wat Israel in jare in die gebied uitgevoer het. Meer as 140 mense is gewond. Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, het herhaaldelik na die vlugtelingkamp verwys as ‘n “nes van terroriste” weens die gewapende Palestynse vegters daar.