Elektrisiteitsminister sê transmissie-netwerk bly ‘n probleem

Die minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, sê die land het groot beleggings in die elektrisiteit-transmissie-netwerk nodig om nuwe kapasiteit en onafhanklike kragprojekte se bydrae te hanteer. Hy sê meer as 10 000 megawatt se kragprojekte is gereed om aanlyn te kom, maar transmissie bly ‘n probleem. Ramokgopa sê Eskom gaan 25 transformators aanskaf wat dit moontlik sal maak om teen 2028 12 000 megawatt by die kragnetwerk te voeg.