Cyril: Vragmotorbrande is ekonomiese sabotasie

President Cyril Ramaphosa sê die ses vragmotors wat Sondag op die N3-hoofweg in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is, kom neer op ekonomiese sabotasie. Die deel van die hoofweg in Van Reenenspas waar die voorval plaasgevind het, was Sondag ure lank gesluit, wat die vervoer van goedere tussen Gauteng en die Durbanse hawe tot stilstand gedwing het. Volgens die Padvrag-vereniging vervoer vragmotors 80 persent van die goedere in die land. Ramaphosa sê hy het ‘n span aangestel om die onlangse aanvalle op vragmotors te ondersoek.