Cyril sê net hy kan adjunkpresident verwyder

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hy neem kennis van berigte dat adjunkpresident Paul Mashatile aan City Press gesê het daar is ‘n komplot om hom uit sy amp te verwyder. Mashatile het laat blyk dis dieselfde mense wat verlede jaar probeer het om sy veldtog om die regerende party se adjunkpresident te word, te kelder. Ramaphosa het die media toegespreek oor die vergadering van die ANC se nasionale komitee die naweek in Boksburg, Gauteng, en gesê slegs hý kan Mashatile verwyder.

Ramaphosa ook uitgebrei oor die vordering om die ANC te vernuwe. Hy sê die onderlinge verdeling in die party is besig om weg te smelt.