Arbeidskenner: Salarisse hou nie by stygende kostes

Namibiërs gaan gebuk onder stygende lewenskostes en weet nie meer hoe om die beursies stywer toe te knyp nie. Meer uitdagings word tot die ekonomiese landskap gevoeg met soos stygings in kospryse, munisipale tariewe en elektrisiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch, gesels wat sê dat salarisverhogings nie gepaard gaan met die inflasiekoers nie.