Aanlyn uitsending oor Julie 2021-onrus in SA
Die Nelson Mandela-stigting het ‘n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie aangegaan vir ‘n nuwe aanlyn uitsending oor die Julie 2021-onrus. Die Wabhubha uMhlaba-reeks is ‘n poging om die verhale en ontleding van die gebeure van 8 tot 17 Julie in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng op rekord te plaas. Die Nelson Mandela-stigting se navorsings-bestuurder, Kneo Mokgopa, sê hulle beoog om ‘n oortuigende verhaal oor die geskiedenis en ervarings van mense te skep wat as ‘n openbare hulpbron vir vrugbare gesprekke en maatskaplike optrede kan dien.