Ses mense sterf in vliegongeluk by Los Angeles
Ses mense is dood in ‘n vliegtuigongeluk by Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië. Die ligte vliegtuig, ‘n Cessna C550, wat vanaf Las Vegas onderweg was, het naby die French Valley-vliegveld neergestort en aan die brand geslaan. Dit is die tweede vliegongeluk die afgelope week by dié vliegveld, nadat vier mense Dinsdag dood is toe hul ligte vliegtuig geval het. Die oorsaak van die ongelukke word ondersoek.