Rugby: Alyn Wyn Jones gaan vir Toulon uitdraf

Rugby: Die legendariese gewese kaptein van Wallis en die Britse en Ierse Leeus, Alun Wyn Jones, het ‘n korttermyn-kontrak met die Franse klub Toulon aangekondig tydens die Wêreldbeker-toenooi. Die span is uitgedun tydens die toernooi in Frankryk en het reeds twee ander spelers bekom. Die 37-jarige Jones was ingesluit in Wallis se voorlopige groep vir die Wêreldbeker, wat sy vyfde sou wees, maar het in Mei sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig. Hy het sy land en die Leeus in ‘n rekord-getal van 170 toetse verteenwoordig