Putin gaan Turkye in Augustus besoek

Die President van Turkye Tayyip Recep Erdogan het bevestig sy Russiese eweknie Vladimir Putin gaan volgende maand ‘n seldsame oorsese besoek aan Istanbul bring. Erdogan het die aankondiging op ‘n nuuskonferensie gedoen na samesprekings met die President van Oekraïne, Volodimir Zelensky, in die hoofstad. Turkye is ‘n lid van Navo. Putin het nog nie sy voete in ‘n Navo-land gesit sedert die inval in Oekraïne in Februarie 2022 nie. Erdogan sê ‘n moontlike uitruiling van gevangenes tussen Rusland en Oekraine is van die kwessies wat met Putin bespreek gaan word.