Krieket: Richelieu Eagles takel vandag Cranes in laaste T20

Krieket: Richelieu Eagles het die derde T20-wedstryd van die Castle Lite-reeks teen die Cranes van Uganda by United in Windhoek met vyf paaltjies en een bal nog oor gewen. Die Cranes het gekies om eerste te kolf en het 203 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken. Uganda se Dinesh Nakran is as die speler van die wedstryd aangewys ná sy ongelooflike beurt van 110 lopies van 45 balle. Die spanne sal vanmiddag om twee-uur die laaste T20-wedstryd op United speel. Twee eendag-kragmetings volg op 11 en 13 Julie wat om halftien die oggend begin.