Guterres bekommerd oor wêreld-temperatuur

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, is bekommerd oor die daaglikse wêreld-temperatuur wat ‘n nuwe hoogtepunt bereik het. ‘n Nie-amptelike ontleding van data toon die gemiddelde wêreldwye temperatuur in die sewe dae tot verlede week Woensdag, was die warmste wat ooit aangeteken is. Guterres sê dit is nog ‘n bewys van die toename in klimaatsverandering en nog ‘n rede vir daadwerklike optrede om klimaatsverandering in die strewe na geregtigheid die hoof te bied.