DA eis verduideliking oor SA ambassade in Berlyn

Die DA eis ‘n volledige verduideliking van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking Naledi Pandor oor die redes vir die tegnologie-uitdagings wat bydra tot onbevoegdheid by die Suid-Afrikaanse ambassade in Berlyn. Die probleme word ook by ander oorsese kantore ondervind. Mergan Chetty van die DA sê tydens die portefeuljekomitee se oorsigbesoek aan Duitsland het hulle met verstomming opgemerk dat konsulêre dienste-amptenare visums met die hand uitreik, in plaas van om rekenaars te gebruik.