Minstens tien Mosambiekse burgers is slagoffers van gaslekkasie
Mosambiekse burgers in Suid-Afrika sê minstens tien van hul landgenote is onder die 17 sterfgevallle na Woensdag se gaslekkasie in Boksburg, Ekurhuleni. Een van die weduwees het sê minstens vier van diegene wat ná die voorval in die Angelo-informele nedersetting hospitaalbehandeling ontvang, is vermoedelik ook van Mosambiek. Die slagoffers het glo gas van ‘n lekkende silinder ingeasem wat zama-zamas gebruik om goud uit die grond te herwin.