Kundiges ingespan vir konsepwet oor groenwaterstof
Die groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe sê die regering het die fokus verskuif na die volgende fase van die vestiging van die sintetiese brandstof-sektor deur bestaande wetgewing en beleide wêreldwyd te bestudeer en te hersien om doeltreffende mark-mededingendheid te verseker. Hy sê die span het reeds die hulp ingeroep van 10 kundiges van betroubare instellings soos die Universiteite van Kaapstad en Oxford, sowel as tegniese en regskundiges van regoor die wêreld. Die hoofdoelwit is om ‘n sterk wetsontwerp op te stel wat Namibië se groenwaterstof-strategie in lyn bring met internasionale beste praktyke. Met ‘n eerste konsepwet wat reeds in plek is, is die span vasbeslote om die ontwerp, hersiening en uiteindelike goedkeuring daarvan deur die parlement te bespoedig. Kosmos 94.1 Nuus het Mnyupe gepraat…