Bibberkoue op pad, erge ooswind aan kus
Bitter koue toestande word vandag in die Suide verwag, met die Meteorologiese Diens van Namibië wat ‘n weerwaak uitgereik het vir bibberkoue môre en Maandag in die Suide en sentrale en oostelike dele van die land. Ryp kan heel waarskynlik môre en Maandag in hierdie streke voorkom. Koue arktiese lug sal Maandag na die noordelike streke versprei. Saai- en kleinveeboere word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Die bekende weerkenner van Aranos, George van der Merwe…