Agt Pakistanse kinders sterf in grondverskuiwing
Agt kinders is in Pakistan dood in ‘n grondverskuiwing wat plaasgevind het terwyl hulle krieket gespeel. Amptenare sê die voorval het in die afgeleë Shangla-gebied plaasgevind ná swaar reën weens die monsoen-seisoen. ‘n Groep van 15 kinders het krieket gespeel toe die die grond onder hulle meegegee het. Reddingspanne en die weermag het ure gesukkel om die liggame uit die modder te haal.