Burgerlike organisasies staan saam teen Angolese konsepwetJuly 7, 2023
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is een van 100 burgerlike organisasies wêreldwyd wat ‘n verklaring onderteken het teen ‘n nuwe konsepwet wat die burgerlike samelewing in Angola reguleer. Volgens die ondertekenaars hou die konsepwet ernstige risiko’s in vir die fundamentele vryhede en grondwetlike regte van die Angolese burgers. Die konsepwet oor die status van nie-regeringsorganisasies is deur die Angolese parlement in Mei goedgekeur. Die wet ondergaan tans hersiening deur ‘n spesiale komitee voordat dit deur die parlement her-goedgekeur word en daarna aan die President João Lourenço gestuur sal word vir finale aftekening. Die direkteur van die instituut, Graham Hopwood het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…