Brit wat Colosseum bekrap skryf jammer-briefJuly 7, 2023

ʼn Toeris het ʼn verskoningsbrief aan die burgemeester van Rome geskryf nadat hy sy en sy vriendin se name op ‘n binnemuur van die beroemde Colosseum gekerf het. Ivan Dimitrov, wat in Brittanje woon, het verduidelik hy was onbewus hoe oud die gedenkteken is, maar besef nou die erns van sy daad. ʼn Omstander het die voorval op kamera vasgelê, waarna die Italiaanse polisie met ʼn soektog na Dimitrov begin het. Hy kan regstappe verwag en kan moontlik ʼn boete van 300 000 Namibiese dollar of gevangenisstraf opgelê word omdat hy arena van die 2 000 jaar beskadig het.