Zuma kan dalk appelleer teen Ramaphosa-beslissing

Oudpresident Jacob Zuma gaan waarskynlik appelleer teen die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se besluit om sy privaat vervolging van president Cyril Ramaphosa tersyde te stel. Dis is volgens die Jacob Zuma-stigting. Zuma wou Ramaphosa privaat vervolg nadat hy beweer het die president was betrokke by die vermeende uitlek van sy mediese inligting. Die hof het bevind die privaat vervolging van Ramaphosa het ‘n verskuilde agenda en is ‘n misbruik van die proses. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê die appèl het ‘n goeie kans op sukses.