Verversingstender by landbou lig wenkbroue
‘n Tender vir verversings deur die landbouministerie laat die wenkbroue lig. Die tender, geldig vir 36 maande, is vandag in plaaslike media geadverteer en sluit op 11 Julie. Die verskeidenheid peuselhappies en kosborde verras. Die ministerie soek pryse op vleisborde, vrugteborde en vegetariese borde, sowel as middagete-pakkies wat vleis, stysel en twee slaaie insluit. Daar is ook talle peuselhappies soos ‘n groot verskeidenheid luukse koekies, aartappelskyfies en meer. Jacobs Kronungkoffie, tee, en selfs groentee word aangevra en so ook 100 persent vrugtesap, koeldrank, biltong, heuning en grondboontjies.