Vandalisme teen elektriese infrastruktuur onder die loepJuly 6, 2023
Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om die stad te help om infrastruktuur te beskerm deur voorvalle van skade aan elektriese infrastruktuur en onwettige verbindings aan te meld. Hy sê deur hierdie voorvalle by die stad en die polisie aan te meld, kan langdurige kragonderbrekings voorkom en vermy word. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê die stad het die afgelope maande onder uitgerekte kragonderbrekings deurgeloop, hoofsaaklik weens vandalisme en gesteelde infrastruktuur: